Your address will show here +12 34 56 78
  • Text Hover
A holistic and compassionate hospice service in the Bloemfontein area
n Holistiese and deernisvolle hospice-diens in die Bloemfontein-streek
What we do
Hospice Bloemfontein provides care to meet the physical, emotional, social and spiritual needs of patients and their families facing life-limiting illness. This is done with the aim of achieving the best quality of life for the patient.

Our desire is to be involved with the patient from the moment they’re diagnosed, offering love, comfort and emotional support to them and their family.

Are we open?

Office Hours: Weekdays 8:00 – 17:00. We are closed on weekends and public holidays.

Contact

051 4318183 hanneke@hospicebfn.co.za General Enquiries: info@hospicebfn.co.za

  • Text Hover
Who is eligible for care?
Any person, and their family, who’s faced with a life-limiting illness, is welcome. No one is turned away, regardless of their age, race, religion or financial circumstances.
Illnesses include, but aren’t limited to: 
  • Cancer
  • Progressive neurological disorders
  • Chronic Obstructive Pulmonary Disease
  • End-stage cardiac, renal, respiratory or hepatic disorders
  • Motor neurone disease (MDR)
Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons
19 hours ago
Hospice Bloemfontein

VERY IMPORTANT NOTICE PLEASE: THE GREY RABBIT TOY MUST BE CREMATED WITH ME PLEASE.

Hierdie is een van die laaste wense van 'n pasiënt. Opgeskryf in sy testament, in hoofletters en apart met ‘n nota langsaan om seker te maak dat niemand hierdie versoek mis nie. Geskryf lank voor hy geweet het dat dit sou nodig wees om op die jong ouderdom van 57jaar hierdie wens te laat uitvoer.

Nou is hy by ons. In sy hand die grys speelgoed hasie, altyd by hom, sonder dat hy enigsins nog bewus is van wat om hom gebeur. Die hasie verteenwoordig waarskynlik ‘n tyd toe hy veilig gevoel het, die wêreld begin ontdek het, opgewonde was oor wat voorgelê het. Toe hy onvoorwaardelik lief gehê is, vasgehou, en getroos is.

Mag hierdie hasie, wat styf tussen sy dom vingers lê, hom tog ‘n gevoel gee, op watter manier ookal, dat hy weer veilig is, dat daar liefde om hom is, dat hy gesien en gerespekteer word.

Dat sy stem gehoor word, al het sy wêreld nou stil geword...

Hanneke Lubbe

#palliativecare #hospicecare #qualityoflifematters #livingwill #APCC
... See MoreSee Less

VERY IMPORTANT NOTICE PLEASE:  THE GREY RABBIT TOY MUST BE CREMATED WITH ME PLEASE. 
 
Hierdie is een van die laaste wense van n pasiënt.   Opgeskryf in sy testament, in hoofletters en apart met ‘n nota langsaan om seker te maak dat niemand hierdie versoek mis nie.  Geskryf lank voor hy geweet het dat dit sou nodig wees om op die jong ouderdom van 57jaar hierdie wens te laat uitvoer. 
  
Nou is hy by ons.  In sy hand die grys speelgoed hasie, altyd by hom, sonder dat hy enigsins nog bewus is van wat om hom gebeur.  Die hasie verteenwoordig waarskynlik ‘n tyd toe hy veilig gevoel het, die wêreld begin ontdek het, opgewonde was oor wat voorgelê het.  Toe hy onvoorwaardelik lief gehê is, vasgehou, en getroos is.

Mag hierdie hasie, wat styf tussen sy dom vingers lê, hom tog ‘n gevoel gee, op watter manier ookal, dat hy weer veilig is, dat daar liefde om hom is, dat hy gesien en gerespekteer word. 
 
Dat sy stem gehoor word, al het sy wêreld nou stil geword...

Hanneke Lubbe 

#palliativecare #hospicecare #qualityoflifematters  #livingwill #APCC

Comment on Facebook

Sjoe.....😪

Sjoe, dit raak my baie diep...

Baie dankie vir die deel daarvan met ons almal. Dit is baie spesiaal en kosbaar.

Julle is great. Hierdie het my hart op n road trip gevat vanaand

By julle is hy beslis bewus van liefde en voel hy vir seker veilig❤️ Dankie vir die werk wat julle doen x

Sjoe, en ons dink die lewe gaan oor titels en aansien en sukses. Dankie vir die vertel Hanneke. 🤗

❤️

ons hoor jou!

Nog n mooi storie. Die amazing werk wat julle doen en dan die Hasie saam dit, spel VREDE

Ai .... net n ou pop hasie wat hom vrede gee❤️

View more comments

If you would like to be involved in the comminity in a meaningful and exciting way, please come and see how you can support and be part of the Hospice Charity Shop.
We would love to see you there!
... See MoreSee Less

More Than a Diagnosis

By the time a patient arrives in our care, illness has often stripped away layers of who they used to be. Their appearance and independence may have faded, leaving behind only a shadow of their former life. Adjusting to a terminal diagnosis is a difficult process of letting go and saying goodbye, even as life continues.

In palliative care, our role is to see past the illness to the person who has lived, loved, and achieved. When we take the time to learn their stories, we help them remember and reclaim their sense of self. We remind them that they have lived a full live. We see this often in patients, like our retired music lecturer (81). Having studied in Vienna and taught piano for decades, he still sits at his piano every day, and plays music of his favorite composer, Chopin.

It is our privilege to provide the symptom and pain management necessary to ensure he can keep his passion alive - for as long as possible.

Hanneke Lubbe

#hospicecare #palliativecare #QualityOfLifeMatters
... See MoreSee Less

Comment on Facebook

Sjoe ja my ma het gesê sy wil nie hê mense moet na haar kyk en net kanker sien en haar jammer kry nie. En dit is wat julle gedoen het... metbhaar gesels of sy 'n mens is met die mooiste lewens verhaal. Sy was 'n verpleegster en sy het omgesien na ander en in die tyd het julle omgesien na haar soos sy na ander gekyk het.

Die aand voor haar dood het een van ons pasiënte wat in ons eenheid opgeneem is, die heeltyd na foto’s gestaar wat oorkant haar teen die muur hang. Haar oë wou nie die foto’s los nie. Die fotos, van Charles Smith, is veldtonele uit die Rouxville-distrik, tipies van die Suid-Vrystaatse landskap: windpompe, doringdraadheinings, ‘n ou plaashek, lug met wolke vol beloftes.

“Sy was die heeltyd bésig met daardie foto’s, van niks anders bewus nie. Haar hande het asof saam met die windpomp beweeg. Dis asof sy iets herken het in die foto’s, en daarmee gekommunikeer het, iets probeer vertel en sê het.”

So vertel haar dogter die volgende dag, kort voor haar ma se dood. Ons staan in die kamer waar haar ma lê, en behalwe vir ons, is daar nog familielede by haar - almal vroue, wat saam vier generasies verteenwoordig: van die ouma-grootjie wat ons pasient is, tot die agterkleinkind wat ‘n paar maande oud is, vas aan die slaap op haar ma se skoot. Met die grootste liefde en deernis sit hulle daar, en waak oor haar. Ek vertel toe dat die foto’s geneem is in die Rouxville-distrik, en toe haar dogter dit hoor, vertel sy my, vol verbasing, die volgende van haar ma:

Sy is gebore op ‘n plaas in Rouxville, daar gebly tot sy ongeveer ses jaar oud was totdat haar pa die plaas in die depressiejare verloor het en hulle moes wegtrek. Sy is nie seker of sy ooit weer terug was op hierdie plaas nie, maar sy het altyd met hunkering daarvan gepraat.

Dié plaas, daar waar sy haar eerste lewensjare deurgebring het, en haar eerste indrukke gevorm het, daar waar sy begin mens word het, is nie ver van waar hierdie foto’s geneem is wat teen haar muur hang nie.

In hierdie kamer, met die beelde van die landskap waar sy gebore is, is haar lewenskring voltooi.

* Haar familie het ook een van hierdie foto's gebruik vir haar begrafnisbrief, haar geplaas in hierdie landskap waar sy aanstap, verder stap, terug na die Bekende...

- @Hanneke Lubbe

#hospicecare #wonder #palliativecare #APCC
... See MoreSee Less

Die aand voor haar dood het een van ons pasiënte wat in ons eenheid opgeneem is, die heeltyd na foto’s gestaar wat oorkant haar teen die muur hang. Haar oë wou nie die foto’s los nie.  Die fotos, van Charles Smith, is veldtonele uit die Rouxville-distrik, tipies van die Suid-Vrystaatse landskap:  windpompe, doringdraadheinings, ‘n ou plaashek, lug met wolke vol beloftes. 
 
“Sy was die heeltyd bésig met daardie foto’s, van niks anders bewus nie.  Haar hande het asof saam met die windpomp beweeg.  Dis asof sy iets herken het in die foto’s, en daarmee gekommunikeer het, iets probeer vertel en sê het.”   

So vertel haar dogter die volgende dag, kort voor haar ma se dood.  Ons staan in die kamer waar haar ma lê, en behalwe vir ons, is daar nog familielede by haar - almal vroue, wat saam vier generasies verteenwoordig: van die ouma-grootjie wat ons pasient is, tot die agterkleinkind wat ‘n paar maande oud is, vas aan die slaap op haar ma se skoot.  Met die grootste liefde en deernis sit hulle daar, en waak oor haar. Ek vertel toe dat die foto’s geneem is in die Rouxville-distrik, en toe haar dogter dit hoor, vertel sy my, vol verbasing, die volgende van haar ma:

Sy is gebore op ‘n plaas in Rouxville, daar gebly tot sy ongeveer ses jaar oud was totdat haar pa die plaas in die depressiejare verloor het en hulle moes wegtrek.  Sy is nie seker of sy ooit weer terug was op hierdie plaas nie, maar sy het altyd met hunkering daarvan gepraat. 

Dié plaas, daar waar sy haar eerste lewensjare deurgebring het, en haar eerste indrukke gevorm het, daar waar sy begin mens word het, is nie ver van waar hierdie foto’s geneem is wat teen haar muur hang nie.  

In hierdie kamer, met die beelde van die landskap waar sy gebore is, is haar lewenskring voltooi.

* Haar familie het ook een van hierdie fotos gebruik vir haar begrafnisbrief, haar geplaas in hierdie landskap waar sy aanstap, verder stap, terug na die Bekende...

- @Hanneke Lubbe

#hospicecare #wonder #palliativecare #APCCImage attachmentImage attachment

Comment on Facebook

Baie mooi en so hartseer

Nou wil ek weet watter plaas dit is. Kon jy dit uitvind? So mooi storie

Deernisvol en kosbaar. Charles Smith se foto’s is merkwaardig.

Hartseer mooi! 🙏

Ek is vol hoendervleis. Ek hunker ook altyd terug na my grootword plaas.

So hartroerend mooi...dankie vir die deel

Pragtige storie. Sy het in vrede die aarde verlaat🌹

Dit is so spesiaal.

So mooi... sjoe♥️🙏🏻

Oeee my genade wat n baie baie spesiale plasing... Dit het tot diep binne my geroer...

Waarvoor sy lief was.

Pragtig die plaas kan verstaan haar oe vasgenaal op dit waarvoor

Sjoe dis baie mooi, maar ook baie hartseer🥺🥺🥺

Shoo, dit is touching

Dis beautiful.

Pragstorie🙏My oorle Ouma het min gepraat oor die plaas in die depressiejare.As sy kom by hoe die diere vrek van honger dan skiet haar blou oë vol trane en woorde droog op..

Dit is regtig spesiaal❤️❤️

Dit is Sooo mooi. Dankie Vir die deel.

Hartroerend.....🫂🕊🫂🕊🫂🕊🫂

Nou weet ons die hele van die mooi foto op die begrafnisbrief. Haar lewe en omgee het diep spore in Baie lewens getrap. Al ken ons nie die familie so goed Soos Vir haar, was sy tasbaar teenwoordig en dit het ons getroos. Dankie Vir jul wonderlike werk om so mooi te versorg

Kosbaar. En pragtige foto's

Dit is baie spesiaal. Baie dankie vir die deel. 🙏

Dit is mooi.

Ons het ñ soortgelyke ervaring gehad met my man se afsterwe, waar ñ foto in sy hospitaal kamer van ñ boom op ñ koppie hom laat glo het dit is die boom op die ons plaas. Hy het daarna gestaar, ek moes vir hom ñ foto daarvan neem... dit was vir hom die laaste band met die plek waar hy gereeld gaan bid het, met sy Skepper gepraat het... dit het hom laat voel hy is tuis...

Sjoe is so mooi. Dankie vir die deel

View more comments

Load more