Your address will show here +12 34 56 78
  • Text Hover
A holistic and compassionate hospice service in the Bloemfontein area
n Holistiese and deernisvolle hospice-diens in die Bloemfontein-streek
What we do
Hospice Bloemfontein provides care to meet the physical, emotional, social and spiritual needs of patients and their families facing life-limiting illness. This is done with the aim of achieving the best quality of life for the patient.

Our desire is to be involved with the patient from the moment they’re diagnosed, offering love, comfort and emotional support to them and their family.

Are we open?

Office Hours: Weekdays 8:00 – 17:00. We are closed on weekends and public holidays.

Contact

051 4318183 hanneke@hospicebfn.co.za General Enquiries: info@hospicebfn.co.za

  • Text Hover
Who is eligible for care?
Any person, and their family, who’s faced with a life-limiting illness, is welcome. No one is turned away, regardless of their age, race, religion or financial circumstances.
Illnesses include, but aren’t limited to: 
  • Cancer
  • Progressive neurological disorders
  • Chronic Obstructive Pulmonary Disease
  • End-stage cardiac, renal, respiratory or hepatic disorders
  • Motor neurone disease (MDR)
Comments Box SVG iconsUsed for the like, share, comment, and reaction icons

"Ons praat partykeer oor sy siekte, en oor wat sou gebeur as hy nie meer gesond gaan word nie. Maar ek pak al daardie gedagtes en hartseer oor wanneer hy nie meer daar gaan wees nie in ‘n boksie en maak dit styf toe. Vir eers. Ek sal daardie boksie eers later oopmaak…”

Dis die antwoord op ‘n vraag aan die vrou van een van ons pasiente. Sy sit op die grond langs sy bed, haar bene gekruis en haar oë op hom. Hy is wakker, en neem deel aan die gesprek, sy helder oë hou ons stip dop. Maar sy asem is min, en met moeite maak hy ‘n sin klaar, sy liggaam net ‘n skadu van wat hy eens was. Ek wou weet of hulle partykeer met mekaar oor sy siekte praat, en oor die verloop daarvan. Of hulle oor die seer en onvoorstelbare moontlikheid praat dat dat hy kan sterf.

“Ek is dankbaar dat ek hierdie pad saam met hom kan stap. Dit is dalk die rede hoekom ons saam gekom het. Hoe vreeslik sou dit gewees het as hy alleen siek geword het? En, ek het iets van myself geleer – ek het nooit gedink dat ek so iets sou kon doen nie.”

Hulle is beide vroeg in hul 40tigs, en het twee jaar gelede getrou. Net na hul troue het hy begin siek word, en na ‘n lang en frustrerende pad van doktersbesoeke, ondersoeke, behandelings wat nie gewerk het nie, is hy met kanker gediagnoseer. En nou is daar geen behandelingsmoontlikheid meer oor nie. Hulle weet dat daar medies gesproke geen genesing moontlik is nie, maar hulle hou vas aan die hoop van genesing, ‘n wonderwerk.

Ek stel hulle gerus dat niks wat ons as ‘n span doen in die pad staan van wonderwerke nie. Ons stap die pad saam met hulle, pas aan by hulle pas en hulle behoeftes. Ons maak seker hulle kry wat hul nodig het om gemaklik te wees, en daar vir mekaar te kan wees.

Ons sien wonderwerke elke dag: die liefde tussen mense wat sterker is as siekte; die omgee vir mekaar; die innerlike krag van mense wat na vore kom wanneer hulle ‘n geliefde moet versorg; die waardering van nog ‘n dag, van sonskyn of reen, die kleur en geur van blomme...

Ek moedig hulle aan om versigtig te praat oor hul vrese, van hoe die pad van verlies vir hulle lyk, en wat hulle sal troos en help deur daardie hartseer.

“Pak daardie boksie van jou ook vol met hierdie gedagtes, en gesprekke en oomblikke van waardering,” … is my raad aan haar. “Sodat jy eendag, as jy alleen is, nie net die hartseer uitpak nie, maar ook sy stem weer sal hoor in hierdie moeilike gesprekke wat julle saam gevoer het, en so ook sy woorde van troos weer kan hoor. So is jy selfs in jou hartseer nie heeltemal alleen nie. Jy sal hom en sy stem in jou boksie vind.”

Hanneke Lubbe

#hospicecare #palliativecare #qualityoflifematters #difficultconversations #APCC

Foto van Gerda Niemann , geneem in Hospice Bloemfontein se tuin.
... See MoreSee Less

Ons praat partykeer oor sy siekte, en oor wat sou gebeur as hy nie meer gesond gaan word nie.  Maar ek pak al daardie gedagtes en hartseer oor wanneer hy nie meer daar gaan wees nie in ‘n boksie en maak dit styf toe.  Vir eers.  Ek sal daardie boksie eers later oopmaak…”

Dis die antwoord op ‘n vraag aan die vrou van een van ons pasiente.  Sy sit op die grond langs sy bed, haar bene gekruis en haar oë op hom.  Hy is wakker, en neem deel aan die gesprek, sy helder oë hou ons stip dop.  Maar sy asem is min, en met moeite maak hy ‘n sin klaar, sy liggaam net ‘n skadu van wat hy eens was.  Ek wou weet of hulle partykeer met mekaar oor sy siekte praat, en oor die verloop daarvan.  Of hulle oor die seer en onvoorstelbare moontlikheid praat dat dat hy kan sterf.  

“Ek is dankbaar dat ek hierdie pad saam met hom kan stap.  Dit is dalk die rede hoekom ons saam gekom het.  Hoe vreeslik sou dit gewees het as hy alleen siek geword het? En, ek het iets van myself geleer – ek het nooit gedink dat ek so iets sou kon doen nie.” 

Hulle is beide vroeg in hul 40tigs, en het twee jaar gelede getrou.  Net na hul troue het hy begin siek word, en na ‘n lang en frustrerende pad van doktersbesoeke, ondersoeke, behandelings wat nie gewerk het nie, is hy met kanker gediagnoseer.  En nou is daar geen behandelingsmoontlikheid meer oor nie.  Hulle weet dat daar medies gesproke geen genesing moontlik is nie, maar hulle hou vas aan die hoop van genesing, ‘n wonderwerk.  

Ek stel hulle gerus dat niks wat ons as ‘n span doen in die pad staan van wonderwerke nie. Ons stap die pad saam met hulle, pas aan by hulle pas en hulle behoeftes.  Ons maak seker hulle kry wat hul nodig het om gemaklik te wees, en daar vir mekaar te kan wees. 

Ons sien wonderwerke elke dag:  die liefde tussen mense wat sterker is as siekte; die omgee vir mekaar; die innerlike krag van mense wat na vore kom wanneer hulle ‘n geliefde moet versorg; die waardering van nog ‘n dag, van sonskyn of reen, die kleur en geur van blomme... 

Ek moedig hulle aan om versigtig te praat oor hul vrese, van hoe die pad van verlies vir hulle lyk, en wat hulle sal troos en help deur daardie hartseer.

“Pak daardie boksie van jou ook vol met hierdie gedagtes, en gesprekke en oomblikke van waardering,” … is my raad aan haar.  “Sodat jy eendag, as jy alleen is, nie net die hartseer uitpak nie, maar ook sy stem weer sal hoor in hierdie moeilike gesprekke wat julle saam gevoer het, en so ook sy woorde van troos weer kan hoor.  So is jy selfs in jou hartseer nie heeltemal alleen nie. Jy sal hom en sy stem in jou boksie vind.”

Hanneke Lubbe 

#hospicecare #palliativecare #qualityoflifematters  #difficultconversations #APCC

Foto van Gerda Niemann , geneem in Hospice Bloemfontein se tuin.

Comment on Facebook

Baie dankie die is sulke wasr woorde Baie dankie waardeer Mooi loop

Hanneke Lubbe jy is gekies uit God se blommetuin om hierdie op aarde te doen. Dankie!

Hanneke dankie dat jy so mooi praat en mense so mooi hanteer. Be blessed!

Dierbare Hanneke en span, Julle is ń ongelooflijke groep mense wat daar werk. In ń Baie moeilike tyd in ons lewens het ons julle ontmoet. Wat eers onsekerheid was oor ons besluit het na die naweek se besoek in dankbaarheid en waardering verander en ń sekerheid dat dit wel die regte besluit was om vir Sussie by julle te laat bly. Julle liefde en omgee is tasbaar. Ons is dankbaar vir julle. Mag die Here julle seën met julle werk wat julle daar doen.

Hanneke, dis so goed jy praat met my!!!! Dankie vir sweet memories....

So spesiaal dat die Agapanthus,die blom wat Goddelike liefde simboliseer, daar by julle groei. Baie dankie dat julle mense só hanteer❤️

Hanneke en die span maak almal gerus wat moontlik se laaste lewenspad op aarde in Hospice kan eindig. Soveel liefde, omgee, waardigheid het ek nog nooit beleef nie. Julle leef jul passie uit en dit is nie 'n beroep vir jul nie, maar 'n Goddelik roeping wat julle daar uitleef. Dankie is 'n klein woordjie maar dankie vir jul onbaatsigte omgee.

Hanneke jy is waarlik n Engel. Dankie vir die ongelooflike werk wat jy doen!

Onbekende en onseker pad. Niemand vra vir die groot K, maar moet dit dra as dit jou pad kryis. Mag jy wat soveel deernis, omgee en 'n passie het vir die besonderse werk wat jy doen groot seën, genade en goedheid ontvang.

Hanneke, julle is engele deur God gestuur om hierdie pad saam met mense te kan stap ... DANKIE vir die KOSBARE instrumente wat julle in die Hande van God is ... julle LÈÈF julle roeping ...

Julle doen n groot werk. Baie dankie

Ek so wat wou gee om met my Mamma te kon praat oor wat gebeur. Om haar antwoord te kry op hoe nou. Te gehoor hoe sy voel oor die dood. Alles het net te vinnig gebeur. Ek moes so baie tyd en energie mors met die staat hospitale om net seker te maak sy dat sy nie alleen in n koue hardvogtige omgewing sterf. Ek is steeds elke dag dankbaar wat Hanneke en Hospice vir ons gedoen het. Sonder om twee keer te dink of hulle en/of hulle lus is.

🙏🏻

View more comments

Load more